#magsmisbruik

Image
Ek en Anneke het die afgelope naweek die fliek, “King Arthur: the legend of the sword” gekyk. Dit gaan oor twee broers … een was koning en die ander een nie.Die broer wat nie koning was nie vermoor toe die koning, sy broer, om koning te word. Net voor die koning vermoor is het hy sy seuntjie op ‘n boot gesit en stroom-af op ‘n rivier laat gaan, amper soos Moses. Die nuwe wraaksugtige koning vind toe uit hierdie seun van sy broer leef. Hy kry toe allerhande goed uit die onderwêreld om hom te help om koning te word, maar, dit gaan die lewe van sy dogter, sy enigste kind vra. Hy moet haar doodmaak en vir hulle bring. En hy doen dit toe. Maar, soos in meeste stories oorwin die goed darem die kwaad en die vorige koning se seun oorwin die wrede koning en word die nuwe koning. Na die fliek gesels ek en Anneke toe oor mag … oor hoe mense enigiets dal doen om mag en beheer te bekom. Die geskiedenisboeke is vol van mense vir wie mag alles was en hoe hulle dit misbruik het om hulle eie belange te bevorder ten koste van ander … soms hulle lewens.
Dit alles het die vraag by my laat opkom oor wat mense in magsposisies met daardie mag doen. Ek het verder besef dat elkeen van ons iewers in ‘n posisie van mag sit. Maak nie saak of dit by die werk, vriendekring, klub of gesin is nie, elkeen van ons het iewers mag … al is dit net dié van ‘n ouer broer of suster teenoor ‘n jonger broer of suster. Ons het mag oor ons huishulpe en tuinwerkers of die persoon wat vir ons brandstof ingooi. Hoe hanteer ons hierdie mag?! Iemand het per geleentheid gesê dat die toets vir enige persoon se karakter, mag is. Hoe ons optree teenoor mense wat vir ons geen bedreiging inhou. ‘n Persoon met die naam Edmund Burke, het gesê: “Mag verplaas stelselmatig alle menslikheid”.
Vraag: Hoe hanteer en tree jy op teenoor jou vrou of verloofde of meisie? Hoe tree jy op teenoor jou kinders en kollegas? As almal in vrees en bewing om jou rondsluip doen jy beslis iets verkeerd.
Die wyse Plato het nog voor die geboorte van Christus gesê: “Slegs hulle wat nie mag begeer nie, is in staat om dit te hanteer.”
Kom ons dink bietjie na oor hoeveel verwoeste en verminkte lewens op ons reis na mag en sukses lê.

Nuwe gewoonte
Kom ons elkeen dink na oor hoe ons die mag hanteer wat ons het. Dit beteken nié ons moet toelaat dat mense oor ons loop nie maar dit beteken ook nie dat ons dit mag doen nie. Betaal ek die mense wat vir my in die huis en tuin werk ‘n billike loon of betaal ek hulle te min en hulle verstaan dat ek iemand anders sal kry as hulle durf kla?

Ondersteun

Joshua Manne laat  nie ouens die opdraendes van die lewe alleen loop nie. Ons ondersteun mekaar soos en waar nodig. Dit kan finansiële ondersteuning, 'n gebed, werk of enigiets wees. Ons help waar ons kan.

Family

We serve our families based on the same promise Joshua made in Joshua 24:15 "choose for yourselves this day whom you will serve, ... but as for me and my household, we will serve the LORD". We are not ashamed to openly confess Jesus Christ as our Lord and Saviour.

Woord van God

Ons staan volledig op die Bybel as die Woord van God en deur die Heilige Gees geïnspireer is, groot waarde het om in die waarheid te onderrig , dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek. (2 Tim 3:16)

Client 1
Client 1
Client 1
Client 1
Client 1
Client 1
Client 1
Client 1

Print   Email