Wie is ons en waar het alles begin?

Dagsê. My naam is Deon Holtzhausen. Ek wil jou graag bekenstel aan die Joshua Mannebediening.
Ons naam is na aanleiding van Joshua 24:15 “kies wie julle wil dien … ek en my huis, ons sal die Here dien”. Joshua-Manne is nie heilig en sonder foute nie maar het ‘n keuse gemaak om saam met sy gesin die Here te dien.

Joshua Mannebediening is ‘n bediening VIR Manne DEUR Manne. Ons wil die Here dien deur mekaar te dien. Ons het in 2010 begin en daardie jaar ons eerste heelman-fees aangebied. Ons het onderwerpe hanteer soos …

Testamente, aftredebeplanning, Ontspanning, seksualiteit en gesondheid. Ons doelwit is om Manne in totaliteit te bedien. Ons verstaan dat ‘n Man nie net iemand is wat Bybellees, bid en kerk toe gaan nie. Ons hou mos van ontspanning, Stokperdjies en sulke goed. Dit is waarom ons vanuit ‘n christelike perspektief na alles wil kyk wat Manne van hou en doen.

Ons het van die begin af gesien dat Manne op vele terreine hulp nodig het, maar veral finansieel. Ons het binne die eerste maand of so van ons bestaan ‘n begrafnis vir iemand betaal, skoolfonds, skoolklere en dinge soos dokters- en munisipale rekeninge.

Behalwe vir geestelike bediening, wil ons Manne ook finansieel bystaan. Jy weet hoe moeilik dit vir ons Manne is om vir iemand te sê dat ons finansieel swaar trek. Iemand wat ek ken het byvoorbeeld eers twee maande nadat sy elektrisiteit afgesny is vir my daarvan vertel omdat hy nie vrymoedigheid gehad het nie. Ons kon toe deur skenkings die agterstallige bedrag betaal.

Ons wil ouens help wat finansieel swaar trek. Ons wil help betaal vir kinders wat nie op sporttoere kan gaan omdat hulle ouers nie genoeg geld het nie. Ons wil vir kinders tokse, tekkies en hokkiestokke koop. Ons wil mense finansieel help.

Ek weet hoe dit voel om finansieel swaar te trek. Ek weet hoe dit voel as die bank jou kar terugvat en wanneer jy moet kies tussen rekeninge betaal en kos koop.

Ons wil ook graag ‘n nasionale Besigheidsnetwerk op die been bring. Hierdie is besighede wat wat teen ‘n fooi registreer en hulle besonderhede is dan op ons webwerf. Hulle is besighede wat dan sê: “Ek en my besigheid … ons sal die Here dien”.

Gestel byvoorbeeld jy is die eienaar van Botha en Deysel Motors in Boksburg en is geregistreer as ‘n Joshua Besigheid. Iemand wil graag vir sy dogter wat Universiteit toe gaan, ‘n betroubare kar koop. Jy gaan deur die lys van motorhandelaars en kom op Botha & Deysel Motors in Boksburg af. Omdat hulle op ons lys is, kan jy dan met vertroue na hulle toe gaan om die kar te koop. Jou besigheid word dan ook gelys as ‘n finansiële ondersteuners van Joshua Mannebediening.

Ek nou jou uit om jou vriende van Joshua Mannebediening te vertel. Vertel vir hulle van die Joshua Mannebediening en hoe hulle betrokke kan raak. Gaan registreer op ons webblad om op hoogte te bly van die werk waarmee ons besig is.

Ons wil graag ‘n bydrae in jóú lewe maak maar jou ook in staat stel om ‘n bydrae in ander se lewens te maak.

Ek en my huis, ons sal die Here dien.

Ondersteun

Joshua Manne laat  nie ouens die opdraendes van die lewe alleen loop nie. Ons ondersteun mekaar soos en waar nodig. Dit kan finansiële ondersteuning, 'n gebed, werk of enigiets wees. Ons help waar ons kan.

Family

We serve our families based on the same promise Joshua made in Joshua 24:15 "choose for yourselves this day whom you will serve, ... but as for me and my household, we will serve the LORD". We are not ashamed to openly confess Jesus Christ as our Lord and Saviour.

Woord van God

Ons staan volledig op die Bybel as die Woord van God en deur die Heilige Gees geïnspireer is, groot waarde het om in die waarheid te onderrig , dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek. (2 Tim 3:16)

Client 1
Client 1
Client 1
Client 1
Client 1
Client 1
Client 1
Client 1
Joshua 24:15Joshua 24:15