Ai, die klein goedjies

Efesiërs 4:31 - 5:1

"Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. 32 Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar

soos God julle ook in Christus vergewe het. 5:1 Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg."

Ek het al dikwels gewonder of Paulus self hierdie goed kon doen waarvan hy hier skryf. Was hy nooit verbitterd of opvlieënd of kwaad nie! Dink maar aan al die onreg wat aan hom gedoen is. Ek dink nogal dat selfs dié Paulus, wat gesê het om te lewe is Christus en om te sterf wins is, gestoei het met hierdie goed. Amper, net as ons wil sê: "Paulus, jy't nie 'n idee waarvan jy praat nie!", skryf hy: "Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet ..."

Omdat ons God se kinders is. Ons volg Jesus se voorbeeld soos ander ons s'n volg.

Gou 'n kort storie ...
Die verhaal word vertel van TV-Nutsman wat sy eie program gehad het. Wanneer hy tuis was, wou hy nie aan sy werk dink nie. Die gevolg was dat hy nie sy TV Antenna behoorlik vasgemaak en ook nie die een armpie herstel het wat in 'n storm afgebreek het nie. Op 'n dag trek nuwe bure langs hulle is. Wetend dat die buurman 'n bekende TV Nutsman is, klim hy op die dak om sy eie TV antenna te installeer. Hy doen alles soos die nutsman s'n en het selfs die een armpie afgebreek, presies soos die nutsman s'n. As dissipels, leer ons deur voorbeeld, of ons dit bedoel of nie.

Gebed
Here, ek verstaan dat my voorbeeld ander mense kan laat struikel. Ek onderneem om van hierdie oomblik af altyd sal let op my optrede en wat dit van U vir mense om my sê. Amen